Die Qur’an is slegs die Qur’an in die oorspronklike Arabiese taal. Die mooiheid van die Qur’an – in sy betekenis, sy lees en sy voordrag, is slegs in die oorspronklike Arabiese taal. Daar is geen plaasvervanger daarvoor nie.
- 1. En Muhammad (Sallallahu alayhi wa sallam) was slegs ’n boodskapper ~ en sommige van die boodskappers het reeds heengegaan. Sal julle dan op die plek omdraai as hy sterf of gedood word? Diegene wat op terugdraai sal geen skade aan Allah berokken nie. En vorwaar, Allah sal die ankbares beloon.
Chapter 3-Surah Aal-Imraan, Verse 144
- 2. Muhammad (Sallallahu alayhi wa sallam) is nie die vader van één van julle manne nie, maar hy is die Boodskapper van Allah, en die Seël van die profete. En Allah is altyd die Kennisdraer van alle dinge
Chapter 33: Al-Ahzaab Verse 40
- 3. En hulle wat glo en goeddoen, en glo in wat aan Muhammad (Sallallahu alayhi wa sallam) geopenbaar is ~ en dit is tog die waarheid van hulle Heer ~ hulle bose dade sal Hy verwyder en hulle toestand verbeter
Chapter 47, Surah Muhammed, Verse 2
- 4. Muhammad (Sallallahu alayhi wa sallam) is die Boodskapper van Allah, en diegene saam met hom is onwrikbaar teen die ongelowiges gekant, en sagmoe dig onder mekaar. U sien hulle vooroorbuig en in prostrasie tydens die gebed, terwyl hulle soek na die genade en welbehae van Allah. Hulle merke is op hulle aangesig as gevolg van hulle prostrasie. Dít is hulle beskrywing in die Tora ~ én hulle beskrywing in die Injeel: soos koring saad wat sy loot laat uitsprei en dit dan versterk sodat dit stewig word en op sy stingel ferm staan, tot vreugde van die saaiers; en dat Hy die ongelowiges gevolglik daarmee kan vertoorn. Allah het aan diegene wat glo en goeie dade verrig, vergifnis en ’n groot beloning belowe.
Chapter 48- Al-Fatah, Verse 29
- 5. En toe Isa (Jesus,) die seun van Mariam (Mary), gesê het: O Bani Israel! Ek is Allah se boodskapper na julle, en ek bevestig dít wat vóór my reeds in die Tora was, en gee die blye tyding van ’n Boodskapper wat ná my sal kom; sy naam is Ahmad. Maar toe hy met duidelike bewyse na hulle gekom het, het hulle gesê: Dit is louter towery.
Chapter 61: As-Saff, Verse 6